Mymeringe

Ons voel mos!

My oog val op die skrywe van die redaktrise.....jou 'gevoelstydskrif' - val so lekker op die oor, is mos 'n christen tydskrif, maar .....

Verstaan my mooi, ek glo dat ons as vroue, tyd moet maak vir onsself, dinge doen waarvan ons hou sodat die storms wat soms om ons woed, nie so fel ervaar word nie. Tog dink ek dat vandat hierdie 'emosionele' en 'gevoelselement' so prominent kom raak het, Pandora se 'box' behoorlike oopgemaak is en allerhande goggas hul verskyning kom maak het.

Dit is vandat ons op gevoel gaan, dat God se Woord onbelangrik begin raak het, want leer dit ons nie dat ons in geloof leef nie en nie op gevoel nie? ...en hoe strook dit met hierdie belangrike konsep?

Vandat ons op gevoel begin gaan het, is daar baie meer egskeidings as ooit vantevore, want ons huweliksmaat staan dan kwansuis so koud teenoor ons 'gevoelens' en ons moet darem begin uitkyk vir onsself ook, jy weet!

Vandat ons op gevoel begin gaan het, is daar baie meer probleme met ons kinders, want die bloedtjies se gevoelentjies moet darem ook in ag geneem word, hoe kan ons hulle dan dissiplineer en leer? Hoe kan ons hulle dan dwing om iets te doen waarna hulle geen begeerte het nie?

Dink net aan die chaos in 'n huis wanneer elkeen doen net wat hy of sy wil, wanneer hy of sy daarna 'voel'!

Basta daarmee, se ek! Ons doen die regte ding omdat dit reg is en gevoel geen rol speel nie. Ons bly in 'n huwelik omdat dit die regte ding is om te doen en gevoel speel nie 'n rol nie! Tien jaar later is jy so dankbaar dat jy die regte ding gedoen het. Natuurlik is daar uitsonderings, waar daar enige vorm van misbruik is, glo ek dat jy nie gebind is nie, maar soos gese, dit is die uitsondering op die reel!

Kom ons leer ons kinders ook op die Woord weer ter harte te neem, want Vader God weet immers beter. My en jou gevoelens verander soos die weer en indien jy daardeur beinvloed sou word, kan dit jou dalk duur te staan kom en mag jy dit vir die res van jou lewe berou! Dag ek se maar net!

 

 

 


  voel , emosies
 892,    10  Jan  2017 ,   Mymeringe

About MEC

MEC Community Services is an inter-denominational ministry under leadership of Marinda E Cornelius, who focusses on the upliftment of the communities in the Western Cape, in South Africa as well as the spreading of the Gospel of Jesus Christ throughout Africa.

MEC Mini Calendar

November   2017
S M T W T F S
      1 2 3 4
5 6 7 8 9 10 11
12 13 14 15 16 17 18
19 20 21 22 23 24 25
26 27 28 29 30